Welkom by Huis van Gebed!
JESAJA 56:7 "...My Huis sal 'n huis van gebed genoem word..."Huis van Gebedsbediening is deur God self in die lewe geroep en het 'n Goddelike roeping om te vervul.
Die strewe van Huis van Gebed is hoofsaaklik die redding van kosbare siele deur die verkondiging van die evangelie aan alle volke, tale, nasies en stamme.
Die kerk vermoei hom nie om staatsake nie, maar sien eerder sy taak om mense tot aanbidding voor God te bring.
Daarom word die evangelie ten volle verkondig tot heil en redding van verloregaande siele,
die genesing van kranke liggame, die doop met die Heilige Gees,
die verbreking van die werke van die bose en die volheidslewe in Christus Jesus.
Op die gemeente rus die verantwoordelikheid om die roeping van die kerk te volbring!
Om met nuwe ywer en toewyding die evangelie van die koninkryk te verkondig, dissipels te maak van alle nasies,
hulle te doop in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.
Ons Hart & Visie
- Om 'n hart van Gebed teenoor God deur Jesus Christus weer terug te bring onder Sy mense.
- Om die gemeenskap te bereik en te bedien in liefde en ons hand uit te steek na die neergeboë en neergeslane persone.
- Ons doel is om die Evangelie van Jesus Christus uit te dra na elkeen wat God ons pad langs stuur.
- Ons sien 'n kerk waar soekers, sowel as gelowiges toegerus word vir 'n lewnsveranderende wandel met Jesus Christus deur Sy Heilige Gees.
- Om ons te beywer om te hou by die Waarheid van Sy Woord, en om die Here God uit opregte harte te dien.
- Om God liewer te hê bo ons menslike begeertes en Sy Wil te doen in gehoorsaamheid en Hom te eer met ons lewens.
- Ons droom om geriewe daar te stel en opleiding te verskaf wat lewensveranderend sal wees.